Author

MOORD OP DIE AGTERKANT VAN DIE MAAN - SIMON RAND REEKS

Simon Rand en sy vriendin Nina du Toit gaan vir ’n stil en rustige vakansie na die eiland Madagaskar. Maar hulle het nie rekening gehou met die nuwe broeisel breinduiwels wat uit hul dop gekruip het, sedert hul vorige kragmeting met hierdie ongure kreature nie.

En die ondervindinge wat hierdie keer volg, laat die vorige soos kinderspeletjies lyk. Daar is ’n ruimteskip wat buite beheer raak en in ’n ewige wentelbaan deur die ruimte beland, daar is mense wat lewend op ys bewaar word vir die nageslag, daar is gammastrale wat alles verkool wat in hul pad kom, daar is besoekers van ’n verre planeet en ’n verbete stryd wat tot die dood toe gevoer word. Dit alles vind plaas op die agterkant van die maan.

#SimonRandReeks