Author

BREINDUIWELS UIT DIE OOSTE - SIMON RAND REEKS

Dat iets gevaarliks skuil agter die skoonheid van Zilda Verhoef, die joernalis uit die buiteland, het Nina du Toit sommer uit die staanspoor geweet. Maar dit is Simon Rand wat eers later eers ontdek watter duiwelse magte sy werklik dien.

Simon het oorsee gegaan om ’n goeie saak te bepleit en so byna-byna is hy vasgevang in dieselfde maalkolk wat al van soveel onskuldige mense, handlangers van die breinduiwels se organisasie gemaak het. En toe word die laaste ronde in Suid-Afrika uitgeveg op ’n plek waar nie eens Simon Rand dit ooit sou verwag het nie.

#SimonRandReeks