Author

DIE GRAVITON KRISIS - SIMON RAND REEKS

Toe die son een nag net na middernag opkom, het Simon Rand dadelik die Breinduiwels op die maan gaan soek, maar hy was baie verras toe hy hulle eindelik vind op die laaste plek waar hy hulle ooit sou verwag het.

En toe hy en sy vriendin Nina as gevangenes na ’n ver planeet gestuur word, het hulle nie die ontvangs verwag wat hulle daar te beurt geval het, van die verhewe wonderwesens wat daardie planeet bewoon het nie. Dit is dan ook net daar waar die Breinduiwels hulle self deeglik misreken het met die vindingrykheid van Simon Rand.

#SimonRandReeks