Author

SAHARA ROMANSE - PAD NA KALIF

Die blouswart, fluweelagtige, sterbesprinkelde naghemel bo die uitgestrekte Sahara woestyn, het die hart en emosies van die pragtige, Azara Millar, opnuut aangegryp. Tussen die aaneenlopende sandduine staan die swart tente onderaan die voet van die magtige Hoggarberge. Die vure, wat reeds soos altyd in die laatmiddag aangesteek word, brand hoog en lustig. Hartseer klanke word opgetower uit tradisionele musiekinstrumente. Dit is die wêreld van die Nomade, die Toearegs en El Khobar. 'n Prins onder die Prinse vir sy volgelinge en die woestyn bewoners. Hy het vir homself ’n pragtige bruid gekies. Azara het egter op hom neergesien en wou so gou as moontlik terug kom in Engeland...

#SaharaAvontuurStories




  • Pieter Haasbroek
    02 Nov 2022

    Hierdie boek is die eerste boek uit die pen van Anna Schonfrucht. Sy het haar self uitstekend laat geld met haar eerste poging en ’n storie geskryf wat in die snikhete Sahara woestyn afspeel. Haar boek het genoeg aksie in, vir die wat hou van aksie in die magtige en gevaarlike Sahara woestyn, maar die hooftema is meer ’n liefdesverhaal met ’n buitengewone plot. Aksie en romanse in die woestyn, wat meer kan mens voor vra? ’n Boek wat vir lank onthou sal word na jy dit gelees het en sal na uitsien om ’n opvolg daarvan te sien. Moet dit nie mis nie!