Author

FABEL RETIEF REEKS - DIE GEVLEUELDE FORTUIN

Toe meneer P. Brink haastig op die Jan Smuts-lughawe aangejaag kom nadat die vliegtuig reeds moes vertrek het, was dit ’n aansienlike verrassing vir ’n paar mense, vir wie verrassings op hierdie tydstip nie baie welkom was nie. En meneer P. Brink het ook nie geweet waarvoor hy hom inlaat nie. Hy het ook nooit kon droom watter belangrike rol ’n vrou se buustelyfie kan speel nie, afgesien van die doel waarvoor hierdie kledingstuk gemaak is. Hy sou nog lang draaie ry, groot gevare in die gesig staar en deur ysige koue waters gaan voordat hy aan die end van hierdie drama sou kom.

 #fabelretiefstories