Author

FABEL RETIEF REEKS - ONHEIL IN SUIDWES

Wat kan ’n vreemde lig op ’n onbereikbare plek te doen hê met ’n bek-en-klouseer epidemie in Suidwes-Afrika? Dit is maar een van die geheime wat die kranige oud-speurder, Fabel Retief, moet gaan oplos in daardie geteisterde gebied. Sommer baie gou ontdek hy dat hy hier te doen het met ’n saak wat baie dieper strek as wat met die eerste oogopslag blyk en wat met veel groter gevare gepaard gaan as wat mens gewoonlik by ’n epidemie van bek-en-klouseer verwag. En wat van die vissersboot aan die kus? ’n Vissersboot waarvan die bemanning nie eens weet hoe om vis te vang nie!

#fabelretiefstories