Author

SAHARA AVONTUUR REEKS – DIE SPORE ROEP

Die Berber-hoofman slaan Teuns deur sy gesig daarmee, een maal, twee maal, drie maal, vier maal, totdat die lang Suid-Afrikaner later nie meer weet waar om sy gesig te draai, om aan hierdie meedoënlose geseling te ontsnap nie. Hy voel hoe dat die houe wat soos vlamme vuur sy gesig aanraak, die woede in hom hoër opdryf, hom byna blind, roekeloos maak. Maar hy bedwing homself. Hy weet dat dit nodeloos is om hom nou te probeer verset. Een ding wat die Vreemdelegioen hom geleer het, is dat ’n mens jou kans moet afwag, dat jy op die regte oomblik moet wag.

#saharawoestynstories