Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - MADEMOISELLE JULIE

“Waarom kyk jy nie om nie, Feisan?”

Die Arabier verstyf. Sy oë verstar. Die rewolwer swaai effe skeef in sy hand.

Want hierdie keer is dit nie Lefevre wat gepraat het nie.

En tog het iemand gepraat, hol en duidelik hier in die muwwe, koel stilte.

Iemand hier agter hom.

“Ek sê, waarom kyk jy nie om nie, Feisan?”

Weer daardie selfde stem, maar nie die stem van Lefevre nie. ’n Stem wat hy al gehoor het. Waar?

#saharawoestynstories