Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - WRAAK VAN DIE SABEL

Hy lê en staar weer na die lug op en dit is toe dat hy dit sien, die groot swart skaduwee wat hieroor hom geflits het, want die son het al ’n rukkie gelede opgekom.

Teuns Stegmann ruk soos hy skrik.

Dit was die skaduwee van ’n aasvoël. Daaraan het hy nooit gedink nie. Hy het skoon vergeet dat hierdie verderflike goed beter kan sien as enige mens.

En hierdie aasvoël het hom beslis gesien.

Hy soek in die lug rond. Ja, daar is die vuilgoed weer. Dit draai hoog, maar dit draai seker.

Daar kom nog een by... en nog een.

Hy sluit sy vuiste, kners op sy tande en dit voel asof hy ’n vervloeking kan uitskreeu teenoor hierdie verderflike voëls, wat nou blykbaar uit is om sy posisie te verraai.

#SaharaAvontuurStories