Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - BOUVALLE VAN DIE DOOD

Jack Ritchie voel ’n koue streep langs sy rug af. Hy draai sy kop versigtig in die rondte en luister met sy hele wese. Maar hier om hulle is dit stil. Dit is net hierdie beweging wat hy hier half voor hom gewaar.

Hy sit nou gehurk daar met sy snelgeweer tussen sy hande. Hy is nou seker dit is ’n perd wat nader beweeg. Hy kruip ’n paar treë vorentoe, buk laag en tuur na die donker vorm wat vir hom nou ’n bietjie duideliker is. Ja, dit is inderdaad ’n perd.

’n Ruiterlose perd! Blykbaar is die dier gekniehalter, want sy kop bly laag by die grond. En blykbaar wei die dier, want hy loop dan hierheen en dan weer daarheen. Maar reeds beweeg hy nader.

’n Ruiterlose perd? Waar sou die vandaan kom?

#saharawoestynstories