Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - GASTE VAN DIE DOOD

’n Geringe siddering gaan deur Teuns se liggaam toe ’n swaar versierde gordyn net langs die kateder weggeskuif word en die lang slanke vrou met haar koperbruin hare en haar saggroen oë meteens haar verskyning maak en op die troon gaan sit. Dit is nie die eerste maal dat Teuns haar sien nie. Dit is nie die eerste maal dat Teuns Stegmann die onuitspreeklike skoonheid van hierdie Franse vrou aanskou nie. Haar welige hare wat tot laag oor haar skouers hang, glinster en lewe in die sagte lig. Haar boesem is vol, haar hals wit en lokkend en haar hande fyn.

#saharawoestynstories