Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - DIE DODELIKE SLUIPERS

“Gee pad!” skreeu D’Arlan dat die kranse daarvan antwoord gee. Die manne steek hul perde met die hakke sodat die diere vinnig wegvlieg. Podolski, wat naaste aan die krans was, is net ’n fraksie van ’n oomblik betyds uit die pad, voordat die klippe neerstort. Die pakperde het ook verskrik padgegee, maar die een dier was nie vinnig genoeg nie. Die yslike klip tref hom kort voor sy kruis en slaan hom teen die aarde neer, waar hy sag runnikend bly lê, sy kop swaaiend. Verbysterd kyk die manne om na die stomme dier en dit is vir elkeen duidelik dat sy rug morsaf is. Fritz ruk sy Lebel uit en die volgende oomblik val daar twee skote. Twee skote wat D’Arlan, wat intussen teen die krans gesit en opkyk het, omgekrap en opstandig na sy manne laat kyk.

#saharawoestynstories