Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - STRIK VAN DIE DOOD

En nou lê en staar hy met ’n ligte bewing in sy liggaam na die son flitse op die loop van die geweer. Hy verbeel hom dat hy hiervandaan die ronde bek van die vuurmond kan sien.

Net ’n blits en ’n klap, ’n harde knal, ’n oomblik van warm pyn en dan sal hy niks meer weet nie.

Sal hy opspring en hardloop?

Of sal hy wag op die onmoontlike dat die Arabier misskiet en dan stil lê om sy aanvaller te oortuig dat hy werklik dood is?

Dit is die twee vrae wat deur sy brein flits terwyl hy lê en loer na daardie blitsende geweerloop.

Hy kry egter nie tyd om daardie twee vrae te beantwoord nie.

#saharawoestynstories