Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - BLOEDIGE ROBYNE

Toe Catroux se pistoolskoot deur die vroeë oggendstilte spat, gevolg deur die vinnige sarsie van ’n snelgeweer, ruk Teuns Stegmann hier waar hy in die ruïnes van die tempel van Makesser verskuil sit.

Hy is nie geskok oor daardie geluid nie, hy is eintlik dankbaar. Dit het hom al berou dat hy hier in die tempel alleen agter gebly het. Sy hart bewe behoorlik binne-in hom. Dit is een ding om die dood in ’n geveg onder die oë te sien, maar die ondervinding wat hy vannag in hierdie tempel gehad het, is iets geheel anders. Dit is ’n ondervinding wat hom koud en vreesbevange gelaat het, net soos ’n kind wat geskrik het vir ’n verskynsel wat hy glad nie verstaan nie.

#saharawoestynstories