Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - BLOED OOR DIE DUINE

Die volgende oomblik is dit asof die duiwel by een van die vensters ingevlieg gekom het. Iets soos ’n staal bal tref die kok mooi reg op die krop van sy maag en dit gebeur so vinnig dat hy nie eens weet of dit ’n vuis of ’n stewel was nie. Hy vou dubbeld soos ’n knipmes en slaan agteroor neer. Met sy makker gebeur dieselfde, behalwe dat die ongeluk hom erger tref. Hy kry ’n vernietigende hou nie op die krop van sy maag nie, maar laag in die maag sodat hy van die pyn skreeu, die snelgeweer uit sy hande val en toe stadig teen een van die tromme omkantel.

#saharawoestynstories