Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - DUINE VAN DIE DOOD

Die speerpunt van die aanval het die jeep reeds bereik. Petacci en die rampokker hier langs hom skiet so wat hulle kan, maar die volgende oomblik jaag ’n Arabier tot by die jeep, swaai sy kromsabel en die volgende wat die verskrikte en verbaasde Petacci sien, is dat die aanvaller die teuels van die swart hings afgekap het. Nog voordat die klein Italianertjie mooi besef wat gebeur het, is ’n ander Arabier by en steek die hings onder die sweep. Met ’n harde snork en ’n gerunnik spring die mooi dier weg en laat vat oor die pan. Ander Arabiere het ingejaag gekom en hulle vorm ’n klein sirkel om die hardlopende perd.

#saharawoestynstories