Author

SAHARA WOESTYN REEKS - DREIGENDE DAERAAD

Maar op daardie oomblik is dit asof die duiwel losgeraak het. Toe Teuns hom kon kry, voel dit vir hom asof ’n groot rotsblok hom getref het. En die volgende oomblik stort hy na die grond. In daardie kort een oomblik besef hy dat dieselfde met die Arabiere gebeur het. Daar is ’n paar kort snakke, ’n gesteun, ’n gestamp, en net so vinnig as wat dit gebeur het, is dit weer oor. Teuns steier orent en in die donker probeer hy vasstel wat so pas gebeur het. Hy hoor nog een man ’n bedwonge, aaklige skreeu uiter en hy swaai net om om homself te verdedig, toe hy ’n stem hier langs hom hoor.

#saharawoestynstories