Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - SKADUWEE VAN GISTER

En terwyl D’Arlan wesenloos, woordeloos daar in die donker staar, seil Teuns Stegmann stadig op sy maag teen die sandsteilte uit, aan die noordekant van die tregter waarvandaan hulle vanmiddag ’n paar Arabiere in die uniforms van die Legioenmanne uitgestuur het. Hy beweeg versigtig, luisterend. Hy moet versigtig wees. Hy wil nie graag in hierdie stadium deur ’n Arabier se koeël gedood word nie, want dan is al sy makkers verlore. Hy beweeg tot op die kant van die helling se top. Skuif versigtig oor die kant en toe lê hy stil. In die vae sterlig, sien hy die groot, donker massa wat die tent van die sjeik moet wees. Hy sien ander donker kolle wat seker die tente van soldate moet wees. Ver wind af hoor hy ’n perd runnik. Net een maal saggies.

#saharawoestynstories