Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - STORM OOR DINI-SALAM

Die toneel wat hy daar aanskou, vul hom met vrees en verdwasing. Arabiere tuimel op baie plekke oor die borswering en raak handgemeen met die manne. Dit is bloed net waar jy kyk. En elke keer wanneer ’n man hom blootstel, gooi hy net sy hande in die lug en sak dan stadig inmekaar, soos die Arabiere daar van die sand af nog steeds ’n dodelike vuur volhou op die borswerings.

Die manne veg so al wat hulle kan. Hulle skiet, hulle slaan met die kolwe. Hulle steek met die bajonette. Maar vir elke Arabier wat hulle dood, klouter twee ander oor die borswerings, die gevaarlike kromsabels tussen hulle glinsterende tande vasgeklem. En die oomblik wanneer hulle ’n vastrapplek op die borswering kry, vaar hulle onder die Legioenmanne in en dien hulle aaklige en dodelike wonde toe met daardie breë lemme waarmee hulle so behendig is.

#saharawoestynstories