Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - DIE SKATTE VAN MARABASH

Hier van links af kom ’n Arabier die binneplaas binne gehardloop. Teuns sit roerloos waar hy is. Hy loer laag om die voet van die pilaar. Die Arabier hardloop reguit na die ingang derde van regs, die een net langs die vertrek waar hulle vanoggend vir Frielingsdorf binne gesleep het. Teuns bring sy rewolwer omhoog, gereed om daardie Arabier te klits, die oomblik wanneer hy weer sy verskyning maak.

Hy het egter nog skaars die rewolwer omhoog gebring, toe die Arabier weer uitgespring kom en oor die binneplaas nael asof die duiwel agter hom is. Op die laaste tippie besluit Teuns hom om nie te skiet nie. Toe slaan die besef eers tot hom deur.

#saharawoestynstories