Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - STILLE DOOD OOR DIE SAHARA

Die valskerm swaai Teuns met geweld teen die kranse vas. Net betyds swaai hy sy liggaam in die toue om en skiet sy voete uit sodat sy bene die swaaiende vaart van sy liggaam kan breek.

Selfs dit is nie voldoende nie. Hoewel hy die sagrooi loodregte krans eerste met sy voete tref, is die krag van sy beweging so groot, dat sy liggaam met ’n harde slag teen die klip vasgedryf word. ’n Oomblik is hy duiselig, byna bedwelmd. Daar staan sterre voor sy oë en daar is ’n groot suising deur sy hoof.

Maar ondanks die teistering, as gevolg van sy aanslag teen die kranse, is hy ook dankbaar. ’n Oomblik nadat hy die kranse getref het, besef hy dat hy nie val nie. As die valskerm ook teen die krans vasgedryf het, sou hy hom definitief te pletter geval het.

Dit sou beteken het dat die valskerm sal opvou en dat hy eenvoudig na sy dood stort, ’n paar duisend voet na onder.

#saharawoestynstories