Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - DIE VERRAAIER VAN DINI-SALAM

Maar toe, kort voor middernag, is dit asof die verderf losbars. Met ’n bloedstollende geskreeu stort die Arabiere in klompe, bondels en groepe van die borswerings af.

Hulle hardloop nie eens met die trappe af nie. Hulle spring sommer met die platforms na onder, waar hulle in die sand van die vierkant te lande kom.

Die halfmaan manne daar teen die muur, skiet sommer op gehoor af.

Dit is ’n dodelike, bloedige sarsie wat gate ruk uit die aanvallers, maar hul getalle is nou so groot dat hulle deurdring tot vlak voor die manne, voordat hulle weer effens terug gedryf word.

Daar by die poort word ’n hernieude aanval geloods. Hulle stroom oor hul gevalle makkers en probeer die poort binnedring.

Die twee masjiengewere stotter om die beurt aanhoudend en die muur van gesneuweldes daar in die poort styg steeds hoër.

#saharawoestynstories