Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - GRAF IN DIE WOESTYN

Die klompie manne se borste fluit, hul bene wil onder hulle knak en hul asems is kort, want hulle is reeds so uitgeput. Dit is nou nie meer krag wat hulle voortdryf nie, maar bloot net vrees. Vrees vir die blink sabels wat agter hulle aankom. Hulle vat die skuinste van die plato en worstel deur die los sand op. Party loop hande-viervoet daarteen uit omdat hul bene hul nie meer wil dra nie.

En toe hulle volkome uitgeput op die kant van die plato uitkom, is die agtervolgers op hulle. Teuns maak ’n vinnige opname van hul posisie. Die grot is seker nog ’n tweehonderd tree of so na vorentoe. Die voorste ruiter vat reeds die skuinste van die plato. Oor hul houding kan daar nie die minste twyfel bestaan nie. Hulle word gelei deur ’n lang Arabier op ’n spierwit hings. Sy sabel blits hoog oor sy kop soos hy dit omhoog hou om sy manne te lei in hierdie moorddadige aanslag op die klompie Legioenmanne.

#saharawoestynstories