Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - NAG VAN GEWELD

Gaston Verrier weet ewewel wat hier sal gebeur. Sy klein ontploffing sal lei tot ’n groter ontploffing. Dit sal lei tot ’n ontploffing wat nie alleen hierdie wapenkamer nie, maar die oorgrote deel van Fort Laval met een helse stuk rooi chaos in die lug sal laat spring. Want Gaston Verrier weet wat alles in hierdie wapenkamer is. Hier is nog ’n hele paar sulke rooi kissies met springstof. Hier is ’n hele klomp kiste met handgranate. Hier is kiste en kiste patrone. Net een ontploffing is genoeg om dit alles aan die brand te steek en die hel in hierdie wapenkamer los te laat. Maar hy bekommer hom nie daaroor nie. Die ander manne wat hier is, is vir hom van minder belang.

#saharawoestynstories