Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - BLOED OOR DIE BOUVALLE

Met ’n ruk van sy hart beweeg Teuns Stegmann vorentoe. Dit is die wag wat daar lê. Sy geweer is ’n donker streep oor die sand en sy bajonet glinster byna onwaarneembaar. Teuns gryp die man aan sy skouers en rol hom om. Sy eerste indruk is dat die kêrel dood is. Maar toe hy sag kreun, besef Teuns met dankbaarheid dat die ergste darem nie hier gebeur het nie. Hy draai net die man op sy rug en tuur deur die donker, maar hy sien niks verder nie. Hy haas hom na links, na waar hy weet Fritz Mundt moet wagstaan. En daar tref hy dieselfde ding aan. Die wag lê katswink op die grond en Fritz is juis besig om die man te probeer lawe. Om iets uit hom te kry, te probeer uitvind wat presies hier gebeur het.

#saharawoestynstories