Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - WRAAK IN DIE WOESTYNVESTING

By die ingang draai die Arabier versigtig om en toe, terwyl sy kop nog steeds na agter gedraai is, begin hy die trap versigtig afsak. Hy tel die fakkel op wat hy op die trap neergesit het en begin sy reis na onder.

Dit is net toe die Arabier by die eerste draai in die trap wil omgaan, dat dit vir hom voel asof iemand ’n brandende riet tussen sy skouers ingedruk het.

Hy voel soos ’n man wat skielik in diep water geval het en wat hygend smag na asem, maar wat nie kan asemhaal nie.

’n Oomblik staan hy nog verbyster daar, met sy hande omhoog geslinger en met sy fakkel stortend na benede...

Teuns het hom eers goed kans gegee om buite sig af te sak voordat hy, die pyn ten spyt, snel na die smal ingang beweeg het met die gooimes in sy regterhand.

#saharawoestynstories