Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - SPELONK VAN VERSKRIKKING

Dit is toe dat Teuns vir Danielle hoor skreeu. Haar stem kom soos ’n fyn harde lied deur die stilte van die skemering en dit weerklink spottend van krans tot krans. Die Legioenman lê laag in die saal. Hy roer die hings so al wat hy kan. Hier is dit moeilik deur al die los klippe wat deur al die jare van die kranse afgestort en in die bodem van die Wadi te lande gekom het. As hy net daardie Wadi kan bereik, dan is hy waaragtig vry. Nie te ver vorentoe nie, verbreed en vervlak die Wadi. Daar sal hy regs uitswaai en die woestyn kies. Hy sal ver by die Arabiere se kamp verby jaag. Teen die tyd dat hulle aan die gang kom, sal hy ’n goeie voorsprong hê met die oop woestyn voor hom waar die seekus wag.

#saharawoestynstories