Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - 'N TEKEN IN DIE NAG

Toe tref die besef D’Arlan in watter krisis die noodlot, met behulp van Hein Fuch, hom en sy manne geslinger het. Hy weet nie waar hulle is nie, hy weet nie of hulle aan die noordekant of die oostekant of die westekant of miskien aan die suidekant van Fort Petit kom neerstryk het nie. Hy weet ook nie hoe ver hulle van die vesting af is nie. Miskien driehonderd tree, miskien ’n kilometer of miskien ses kilometer. En dit is die feit wat hom heeltemal magteloos maak en wat hom laat besef dat hy nog steeds aan die genade van die Arabiere oorgelaat is. Hy kan nou die vliegtuig verlaat as hy wil en hy kan na Fort Petit gaan soek in die donker, maar hy weet hoe groot die risiko is. Dit kan net wees dat hy sy manne in heeltemal die verkeerde rigting gaan lei en hulle steeds verder van die vesting sal neem, pleks van nader. En as dit die geval is, is hulle aan die genade van die oop woestyn blootgestel. Hier het hulle darem nog ’n mate van beskutting in die vliegtuig.

#saharawoestynstories