Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - DIE SWAARD VAN VERWOESTING

Teuns Stegmann is nie bewus van die stadige beweging van die twee wagte nie. Hy weet nie dat die sabels uit hul skedes getrek word nie. Al wat hy weet, is dat hy hulle nou vaagweg sien in die verste skynsel van die naderende fakkels.

So vinnig het twee Arabiere seker nog nooit gesterf nie. Teuns Stegmann slaan vinnig met die stoelpoot en hy slaan woedend. Eers die een en toe die ander. Die beweging toe hy die eerste een slaan, is feitlik onsigbaar in die halfdonker. Al wat die tweede Arabier hoor, is die vinnige klap. Hy pluk sy kromsabel uit, maar nog voordat hy sy hand lig, tref die hou hom teen sy slaap. Hy stort net met ’n sagte sug teen die muur af en toe lê hy stil.

#saharawoestynstories