Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - VUURPELETON LE AAN

Die drie-en-veertig veroordeeldes bereik die klein slaapsaal ongeskonde. Hulle het nog skaars die deur toegeslaan, toe braak die eerste snelgeweer van die rebelle dood deur die vierkant. Stukke klip en pleister vlieg weg van die stukkende muur van die vlagtoring waaragter Teuns platgeval het.

Hy is dankbaar dat hy betyds twee snelgewere en twee patroonknippe in Fritz-hulle se hande kon stel. Hy is innig dankbaar dat hy hierdie bedryf so voorspoedig kon afsluit.

Maar die dankbaarheid weeg nie op teen die besef van wat nog voorlê nie. Nou is dit net hy en sy twee makkers teen die rebelle. En vir elke snelgeweer wat hulle het, het die rebelle seker tien of meer. As daar nie vinnig ’n wonderwerk gebeur nie, dink Teuns, kan daar vir hierdie geveg net een afloop wees.

#saharawoestynstories