Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - VLAMME IN DIE WOESTYN

Hulle het nie daar afgeklim as ’n Franse vrou en as lede van die Franse Vreemdelegioen nie. Vir almal wat hulle gesien het, was hulle Arabiere, want voor hul vertrek uit Algiers het Elsa Moram al haar grimeringsvernuf toegepas en aan hulle die gelaatskleur en selfs die gelaatstrekke van die Arabier gegee. Hulle self het hul liggame ingevryf met die donkerbruin stof wat Elsa verskaf het, omdat hulle dit te gevaarlik geag het om net hul hande, bene en hul gesigte bruin te maak. Selfs wanneer hulle naak is, lyk hulle net soos Arabiere. Teuns en Jack Ritchie se blonde hare is ook swart gekleur. Net aan die twee se blou oë kon niks gedoen word nie, maar dit is bekend dat daar Arabiere is met blou oë. Veral in die geweste van die Atlasberge.

#saharawoestynstories