Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - NOODROEP UIT DIE WOESTYN

Dit is naby die middag van die volgende dag toe die klein Italianer die laaste maal val. Met uiterste moed en met ongelooflike uithouvermoë het hy sy liggaam voortgedryf oor die Sahara sand.

Duin op en duin af het hy bygehou by Teuns.

Hulle het stadig beweeg, met klein klippies onder hul tonge, om so die speeksel te ontlok en daardeur die vreeslike dors ’n bietjie te tem. Hulle beweeg stadig om hul kragte so lank as moontlik te spaar.

Maar nou, hier teen die hoë duin kan Petacci net nie meer nie. Nou is sy kragte heeltemal gedaan.

Met ’n sagte snak stort hy vooroor. Hy val op sy gesig in die warm sand. Teuns, wat self nie meer uit sy oë kan sien nie, hoor die val van sy makker nie eens nie.

#saharawoestynstories