Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - SPORE VAN VERRAAD

Max Camus laat ses man vorentoe tree. Hy laat sersant Rancoule die nodige bevele gee en toe marsjeer die paar aan na die plek waar Teuns-hulle tereggestel moet word.

Camus en Heidenfeldt vergesel hulle.

Maar toe hulle die plek bereik waar Teuns-hulle vas was, wag daar ’n wrede ontnugtering op Camus. Die kramme teen die muur is leeg. Daar is nie een gevangene meer nie. Camus los ’n uitroep van ontsteltenis. Hy spring self na die muur en in die lig van ’n vuurhoutjie ondersoek hy die kramme. Toe eers sien hy hoe verroes hulle is. Twee is teen die muur afgebreek. Die ander twee is nog ongeskonde. Die toue waarmee die gevangenes vas was, lê teen die muur.

#saharawoestynstories