Author

SAHARA AVONTUUR REEKS - DIE RAAISEL VAN ABER-EL-MIR

Kazek het nie meer ’n sambok in sy hand nie, maar hy het ’n fakkel in sy hand. Hy doen dit so vinnig dat weinig dit werklik raaksien. Hy slaan vir Steenberg ’n vernietigende hou deur sye gesig sodat die groot Hollander met ’n vreeslike kreet agteroor steier. ’n Oomblik het die vlam van die fakkel hom verblind, want Kazek het hom voor sy voorkop getref en bo sy wenkbroue.

Die volgende oomblik loop hulle inmekaar met die geweld, die woede en die doodsveragtende roekeloosheid van twee bulle. Kazek probeer die stormende Hollander nog opsy hou met die fakkel. Maar Steenberg vlieg onder hom in, slinger hom hoog, stort op hom neer en toe is Steenberg se hande aan die keel van Kazek.

Die geluid, die rumoer van die geveg en die toejuiging van die misdadigers dreun deur die gang van die myn.

#saharawoestynstories