Nadat sy pa deur seerowers vermoor is, word die onskuldige Oloff valslik aangekla weens sy dubbelganger. Hy ontsnap en beland weer by die rowers en moet nou die ware moordenaar jag om sy naam te suiwer.
Keywords1. OLOFF DIE SEEROWER REEKS - DIE SWAARDVEGTER
Op die afgeleë wynplaas Sandryk, naby die Kaap de Goede Hoop, word die rustige lewe van senior-koopman Johan van Wagenaar wreed versteur. Terwyl hy en sy getroue slaaf, Mamoed, die aand om die vuurherd deurbring, bars genadelose seerowers onder leiding van die gevreesde Borghort die huis binne. Mamoed word koelbloedig neergeskiet. Tussen die rowers staan ’n jong man met vlamrooi hare. ’n man wat Johan met sy laaste asem as sy eie seun, “Oloff,” herken voordat hy self deur ’n pistoolskoot gevel word. Mamoed oorleef egter en sy getuienis lei die owerhede by die Kasteel om die pas aangekome, niksvermoedende ware Oloff van Wagenaar, wat juis opgedaag het om sy vervreemde vader te ontmoet, vir die gruwelike moord en plundering in hegtenis te neem.
Verdoem deur ’n skokkende toeval en die getuienis van ’n ooggetuie wat hom met sy dodelike dubbelganger verwar, staar Oloff die galg in die gesig. Sy enigste hoop lê in ’n desperate ontsnapping uit die Kasteel se kloue, aangehelp deur ’n onverwagte bondgenoot wie se geloof in geregtigheid, en dalk in Oloff self, haar tot gevaarlike optrede dryf. Oloff se vlug neem hom oor die onstuimige see, net om hom weer in die hande van dieselfde seerowers te laat beland. Hy word gedwing om ’n dodelike rol te speel in Deelenbaai, die hart van die seerowernes, waar sy verstommende ooreenkoms met die ware moordenaar, Ben van Osse, ’n gevaarlike wapen word. Met sy vaardigheid met die swaard en sy staal senuwees moet Oloff nie net oorleef nie, maar ook ’n manier vind om die bordjies te verhang. Hy moet sy gevangenskap omskep in ’n kans om sy naam te suiwer, maar sy pad is belaai met verraad en geweld.
Kan Oloff sy agtervolgers ontglip en die manne wat hy uit slawerny bevry het, lei om die skip te herower wat sy enigste, nou vernietigde, alibi bevat het? En sal hy sy onskuld kan bewys wanneer hy terugkeer na die Kaap, of sal die noodlot hom dwing om die lewe aan te gryp wat op hom afgedwing word? Die jag op Ben van Osse het so pas begin, ’n dodelike jag wat Oloff se lot vir ewig sal bepaal.
#oloffdieseerowerstories
Gerrie Radlof is seer sekerlik een van Suid Afrika se beste Afrikaanse skrywers wat ooit gelewe het. Sy alombekende Buiter reeks van nege boeke het is goed bekend by oud en jonk wat lief is vir Kaapse verhale en word nou weer in e-boek sowel as boek formaat vrygestel. Gerrie Radlof was betrokke by ’n hele aantal reekse, maar die reeks wat seker die bekendste is van almal is, is sy uiters gewilde Oloff die Seerower reeks van 24 boeke. Hierdie reeks gaan oor die seerower era toe seilskepe nog die oseane getem het en seerowers om amper elke hoek en draai op loer gelê het vir hul prooi. Oloff van Wagenaar het dit sy lewenstaak gemaak om die see te bevry van die euwel en saam met sy getroue vriende en twee pragskepe, ervaar hulle skermutselings op see en land, waar die een met die skerpste brein en beste voorbereid was, gewoonlik die botoon gevoer het. Die reeks is lank genoeg sodat die leser nie net die gegewe seerower era kan ervaar in sy totaliteit nie, maar daar is meer as genoeg aksie, romanse, spanning, drama en ander verwikkelinge in elke storie wat die leser aangryp en nie laat los voor die storie nie eers klaar gelees is nie. Volgens my is die reeks briljant geskryf en iedereen wat hou van die tydperk in die wêreld se geskiedenis sal die stories meer as geniet.