Kaptein Oloff se geheime wraaktog teen die wrede Kaptein Haak en Deelenbaai se seerowers ontvou deur waaghalsige infiltrasie, onverwagte bondgenootskappe en gevaarlike ontsnappings, met die finale stryd wat steeds in die donker hawe wag.
Keywords10. OLOFF DIE SEEROWER REEKS - AASVOELS VAN DIE SEE
In die skemeragtige stegies van Deelenbaai, ’n berugte nes van seerowers, word Kaptein Oloff en sy getroue vriend Henning Roux onwillekeurige getuies van ’n brutale moord. Net nog ’n slagoffer van die gevreesde Kaptein Haak se trawante. Hierdie voorval versterk Oloff se geheime kruistog, nie net om individuele seerowerskepe te kelder nie, maar ook om Deelenbaai self met wortel en tak uit te roei. Terug aan boord die Seewraak, ontvou sy waaghalsige plan aan sy lojale offisiere, Heem en Sias. Hul beraadslaging word onderbreek deur ’n desperate hulpkreet uit die donker water, Marc le Nuir, ’n jong edelman wat van Haak se wreedheid ontsnap het. Marc onthul ’n skokkende geheim. Haak is sy eie oom, ’n onteiende Franse adellike wat Marc se suster, Estelle, jare gelede ontvoer het en nou vir Marc martel.
Oloff se pad kruis met die van die Oosterprins, die skip wat Haak volgende wil plunder. Onder die dekmantel van ’n ontsnapte gevangene infiltreer Oloff die Maharadja van Rashid se gevolg, waar hy die nuuskierige Suzanne Renaux ontmoet. Hy moet sy ware identiteit en doelwitte verswyg, selfs terwyl hy onwetend die skip se verdediging teen Haak se naderende vloot begin opstel. Wanneer die geveg losbars, en rampspoed toeslaan, word Oloff se masker afgeruk. Gevange en geketting in die vyand se mag, lyk alle hoop verlore. Tog, uit ’n onverwagte oord kom daar hulp vanaf die jong Valk Jorgenson. Hy is Haak se eie bootsman en speel ’n gevaarlike dubbelspel. Oloff ontdek Valk se skokkende geheim en ware identiteit, ’n band wat hulle saamsnoer in ’n desperate ontsnappingspoging te midde van chaos en verraad.
Terwyl sy eie skepe, onder Henning se bevel, Haak se vloot aanval, lei Oloff ’n waaghalsige redding sending uit die ingewande van die Oosterprins. Hy moet sy vriende red, sy eed gestand doen, en die dodelike Haak konfronteer. Maar selfs met Haak uit die weg geruim, is die stryd nog lank nie verby nie. Deelenbaai, die hart van die seerower euwel, wag nog. Watter verdere geheime skuil in daardie donker hawe, en kan Oloff sy gevaarlike dubbelspel volhou totdat die aasvoëls van die see finaal uitgeroei is?
#oloffdieseerowerstories
Gerrie Radlof is seer sekerlik een van Suid Afrika se beste Afrikaanse skrywers wat ooit gelewe het. Sy alombekende Buiter reeks van nege boeke het is goed bekend by oud en jonk wat lief is vir Kaapse verhale en word nou weer in e-boek sowel as boek formaat vrygestel. Gerrie Radlof was betrokke by ’n hele aantal reekse, maar die reeks wat seker die bekendste is van almal is, is sy uiters gewilde Oloff die Seerower reeks van 24 boeke. Hierdie reeks gaan oor die seerower era toe seilskepe nog die oseane getem het en seerowers om amper elke hoek en draai op loer gelê het vir hul prooi. Oloff van Wagenaar het dit sy lewenstaak gemaak om die see te bevry van die euwel en saam met sy getroue vriende en twee pragskepe, ervaar hulle skermutselings op see en land, waar die een met die skerpste brein en beste voorbereid was, gewoonlik die botoon gevoer het. Die reeks is lank genoeg sodat die leser nie net die gegewe seerower era kan ervaar in sy totaliteit nie, maar daar is meer as genoeg aksie, romanse, spanning, drama en ander verwikkelinge in elke storie wat die leser aangryp en nie laat los voor die storie nie eers klaar gelees is nie. Volgens my is die reeks briljant geskryf en iedereen wat hou van die tydperk in die wêreld se geskiedenis sal die stories meer as geniet.