Author

DIE ENSLIN KRISIS - HENK HUMAN REEKS

Henk Human het ʼn swerwersbestaan gevoer, reg rondom die wêreld en in die proses het hy die dood baie maal in die oë gestaar, maar gelukkig het hy elke keer daarvan ontkom.

Na ʼn kompie jare is hy moeg geswerf en besluit om na Suid Afrika te vertrek om daar ʼn bestaan te probeer maak. Hy huur hom uit vir enige probleme wat ander nie kan of wil opgelos nie. Dinge wil maar net nie vlot verloop vir hom nie en toe hy op die rand van bankrotskap staan, kry hy teen middernag ʼn ongewone besoek van ʼn beeldskone vrou met hoë hakke en ʼn pelsjas. Min het Henk toe geweet wat alles nog vir hom voorlê weens die onverwagte besoek so laat in die nag.

#HenkHumanReeks