Henk Human is ʼn bobaas vegter met karate en gebruik hy dit onder andere handig in sy werk om enigeen wat enige tipe probleem optel, dit vir hulle te help oplos, maar natuurlik teen ʼn prys.
KeywordsEEN ONGELUK TE VEEL - HENK HUMAN REEKS
Vier buitengewoon verdagte ongelukke vind plaas. Reeds na die eerste een het Henk Human se agterdog hom geen rus gegee nie. Die gevolg daarvan was dat ’n kunsskilder by die “Soete Lewe” aangekom het en net so vinnig weer verdwyn het.
In die eerste ongeluk het ’n brander iemand meegesleur, daarna het ’n groot rots op ’n bergklimmer afgestorm gekom en nog twee ander snaakse voorvalle het plaasgevind. Toe die vierde ongeluk plaasvind, was dit net mooi een te veel vir Henk Human en het hy dadelik oorgegaan tot aksie.
#HenkHumanReeks