Author

GESLEPE PRINS UIT ARABIE - HENK HUMAN REEKS

Die moeilikheid het op ’n deftige skemerkelk-partytjie begin, toe die imposante Arabiese Prins ’n oorweldigende positiewe indruk op die lewenslustige Tisa Olivier gemaak het. Haar man Andre, het niks daarvan gehou nie en vir Tisa sowel as vir die Prins, was dit net mooi vet in die vuur.

Andre het die hulp van die kranige Henk Human ingeroep en gou het die poppe begin dans. Daar is ’n byna noodlottige nagtelike eskapade in die Arabiese ambassade, ’n nagmerrie vlug per vliegtuig oor die volle lengte van Afrika en nog so ’n hele paar ander avonture op die koop toe. Deurentyd moet Henk Human kophou om nie die onderspit te delf in die proses nie.

#HenkHumanReeks