Author

MARSNIK III - RUIMTE REEKS VERHAAL

Hierdie ruimte reeks verhaal uit die pen van Marinus Keet sal jou vasgenael tot jy die boek klaar gelees het. Daar is volop aksie, drama en spanning en gaan jy beslis nie teleurgesteld wees in die uitsonderlike wetenskapfiksie verhaal nie.

#RuimteReeks




  • Pieter Haasbroek
    02 Nov 2022

    Geen persoonlike inligting kon oor die skrywer Marinus Keet opgespoor word nie. Hy het ʼn buitengewone en puik wetenskapfiksie reeks van vyf verhale geskryf oor die ruimte. Vir die wat hou van wetenskapfiksie in die trant wat Edgar Rice Burroughs sy ruimte reekse geskryf het, sal die reeks beslis groot byval vind. Die aksie vind onder andere plaas op die aarde, in die ruimte en op die planeet Mars, met gebeure wat mekaar vinnig opvolg en jou nie een oomblik toelaat om “te ontspan nie”. Voorwaar ʼn uitstekende reeks wat nie maklik elders in Afrikaans gekry sal word nie en die wat daarvan hou om ruimte en fantasie stories te lees, op die punte van hul tone sal hou van pure leesplesier.