Author

JOP - LE NIE HEELDAG IN DIE BED NIE

Hierdie e-boek, “Jop - Lê nie heeldag in die bed nie", is die tweede e-boek wat geskryf is deur Chris Opperman.

Jop is 'n alleenloper wat besluit het hy gaan die land vol toer op soek na aksie en avontuur. Saam met sy getroue ou Toyota motortjie pak hy toe die lang tog aan en gaan besoek hy allerhande interessante plekke langs die pad. Natuurlik gaan alles nooit net klopdisselboom nie en moet hy met tye met sy vuiste inklim of die aftog blaas om nie onnodig in die moeilikheid te kom nie. En natuurlik het hy 'n oog vir mooi vrou en die kan hom ook glad nie weerstaan nie. Maar Jop kla nie daaroor nie. 

Lees gerus die klompie kortverhale van JOP en sy manewales soos hy die land verken. Van die gebeurtenisse is op ware gebeure gebaseer en self deur die skrywer ervaar. Hierdie e-boek is dus 'n lekker boek om te lees saam met 'n stomende koppie koffie en beskuit.




  • Pieter Haasbroek
    24 Jul 2023

    Chris Opperman het op 81 jarige ouderdom besluit om nou sy tweede kortverhale e-boek die lig te laat sien. Dit handel oor die alleenloper Jop wat die land vol toer op soek na aksie, romanse en avontuur. Die gemaklike lees styl van die skrywer maak die boek 'n plesier om te lees en bekende plekke in Suid Afrika word ook aangehaal. Van die insidente in die stories is self deur die skrywer ervaar in sy jonger dae. Hierdie tweede boek van Chris Opperman word dus ook sterk aanbeveel.