Author

MOOIPLAAS - (ROMANTIESE LIEFDESVERHAAL)

ʼn Roerende verhaal van ’n jong weduwee op ’n plaas in Malmesbury, wat na haar man se afsterwe meer as ’n jaar gelede, een oggend besluit het genoeg is genoeg. Rebecca Viljoen moet die lewe weer in die oë kyk terwille van haar kinders. Daar is ʼn laksheid onder die plaaswerkers volgens haar en daarom neem sy toe ʼn besluit dat sy dinge van vandag af gaan vasvat. Jacob Minnaar is die plaasvoorman en behartig alleen die boerdery en daarom het hy sy hande behoorlik vol om alles te behartig. Hy worstel ook met sy eie verlede, maar dit is natuurlik onbekend aan Rebecca.

Jacob was ook Rebecca se oorlede man se boesemvriend en dus beteken die plaas vir hom baie. In die volgende paar maande ontvou allerlei onverwagte gebeurtenisse. Sonder dat enige een dit besef word die plaas en sy mense in ʼn spesifieke rigting gestuur. Konflik, emosies, bedrog en self erkenning is van die omstandighede wat plaasvind. Asof daar nie al genoeg smart op die plaas was nie, vind daar boonop ook ʼn plaasaanval plaas. Hierdie plaasroman is uiters boeiend en sal jou hart vinnig laat gryp na sneesdoekies...




  • Pieter Haasbroek
    02 Nov 2022

    Hierdie boek is die eerste boek van Christo Malan en is dit ’n baie goeie begin in sy skrywersloopbaan. Hy hou daarvan om mense en die interaksies tussen mense te beskryf, binne in die tema van sy boek. As jy hou van konflik, drama, hartseer, liefde en vele meer emosies wat plaasvind wanneer mense met mekaar te doen het, dan moet jy verseker hierdie boek van hom lees. Hy is tans besig met meer boeke wat eersdaags ook gaan verskyn.