Author

HENK HUMAN EN DIE MOORDLUSTIGE BREINDOKTER - HENK HUMAN REEKS

Bedags is dokter Wilder Steyn ’n geniale breinarts, ’n skitterende man wat ontsaglik baie doen om die lyding van sy medemens te versag. Snags word hy egter ’n monster wat met vaardigheid verwoesting aanrig en maak dit dan vir hom ook nie saak wie hy in sy kloue kry nie.

Henk Human, altyd koelkop en onverskrokke, tas aanvanklik mis, maar kom gou-gou weer op die regte spoor. Dan begin die vonke behoorlik spat en duur dit so voort tot die bitter einde toe.

#HenkHumanReeks